As Die Son Opkom

Ashton Nyte

    Continues after the ad

    Fluister in die donker
    Hy is weg – op die vlug
    Jy’t genoeg gehad
    ‘N plek gevind – waar jy kan rus
    Die vuur, hy word nou koud
    Soos die lig in jou oë
    Jy soek nogsteeds vir sin
    Met gebroke hart en geen vermoë

    Maar ek voel so seker
    As die son opkom, as die son opkom – ja
    Die wêreld rek sy spiere
    Maar hy draai nog om, hy draai nog om - ja
    Daar is ‘n plek vir ons twee saam

    Continues after the ad

    Bedek die lit-tekens
    Met ‘n lied en ‘n gebed
    Ek is verlore in wie jy is
    In jou trane, in jou stem
    Bladsye in die vuur
    Van ‘n lewe wat ons laat gaan
    Ek hou jou hand nou vas
    Terwyl die spoke ons verlaat

    Maar ek voel so seker
    As die son opkom, as die son opkom – ja
    Die wêreld rek sy spiere
    Maar hy draai nog om, hy draai nog om - ja
    Daar is ‘n plek vir ons twee saam

    Song details

    Composition:

    Did you see an error?

    Enviar revisão