Die taal van my hart

Stef Bos

    Continúa después del anuncio

    Kyk, die son skyn in die hemel
    Dit is die einde van die nag
    Ek was verdwaal in die donker
    Ek het die pad weer teruggevoel
    Vroeër was ek ryk aan woorde
    Nou's ek stiller, ek het verander
    Maar my stem,my stem bly brand
    Dit is my vuur, kom maak jou warm

    Hoor die taal van my hart
    Hoor die taal van my hart
    En al klink ek soms gebroke
    Gebroke en verward
    Dit is die taal van my hart

    Ek het my spieëlbeeld sien val
    Ek lê aan skerwe op die grond
    Ek het myself leer ken
    As heldin en as 'n hond
    Daar is so weinig meer oor
    Van al my woede en geweld
    Maar ek ken nou ook my donker kant
    Ek het vrede met myself

    Continúa después del anuncio

    Ek sing die taal van my hart
    Hoor die taal van my hart
    En al klink ek soms gebroke
    Gebroke en verward
    Dit is die taal van my hart

    Jy kan my vat net soos ek is
    Jy mag van my hou
    Jy mag my ook haat
    Ek is wie ek is
    Dit is my wêreld
    En dit is my stem

    Mmmm
    En al klink ek soms gebroke
    Gebroke en verward
    Dit is die taal van my hart
    Die is die taal van my hart
    Dit is die taal van my hart

    Información de la canción

    Composición: Stef Bos

    ¿Los datos están equivocados?

    Enviar revisión