Wagtyd

Stef Bos

    Continúa después del anuncio

    Ek kan net sê ek het vir jou gewag
    Deur westerse nagte
    By haltes
    In lane
    By gragte
    Op vliegvelde
    En die galg van trane

    Jy het gekom
    Deur die verlore stede van Europa
    Ek het jou herken
    Ek het die tafel gedek
    Met wyn met brood met genade
    Maar jy het onverstoord jou rug gekeer

    Jy het jou voël afgehaal
    Dit op die tafel neerlgelê
    En sonder om te praat
    Met jou eie glimlag
    Die wêreld verlaat

    Continúa después del anuncio

    En ek sou wil skryf
    Sou wil sing
    Oor die einde die begin
    Oor die liefde die kom en die liefde die gaan
    Oor die verlang die verdwyn
    Oor die woorde die bly bestaan

    Olyf reise
    Bome water
    Jy met jou liggaam van varings
    Dromend in my arms digby die Seine
    Met jou liggaam van wit gewels
    Met jou liggaam van bitter son
    In Barcelona
    Agter die stiergevegte
    Die siëstas van jou oë
    Reise van stilte
    Reise van mure
    Reise van marmer
    Koeplette van klein
    Harde woorde vergaan
    Maar jý
    Dromend in water varings en son
    In my arms digby die Seine
    Gaan héén
    Bevrug die aarde

    En skryf en sing
    Oor die einde die begin
    Oor die liefde die kom en die liefde die gaan
    Oor die verlang die verdwyn
    Oor die passie die bestaan
    Oor die woorde die bly bestaan

    Información de la canción

    Composición:

    ¿Los datos están equivocados?

    Enviar revisión

    Canciones relacionadas