Die lied van die gebreekte riete

Chris Chameleon

    Continúa después del anuncio

    Die wind uit die torwana berge
    Het haar skoot vol mos
    Sy dra 'n slapende kind
    Sy siteer die sterre
    Met die stem van breë waters
    Teen die wit gebeente van die dag
    Die wind uit die torwana-berge
    Oewerloos sonder horison sonder seisoene
    Het die gesig van alle mense
    Het die aalwyn van die wêreld voor haar bors
    Het die lam van alle vreugde oor haar skouer
    En die laksman van elke dagbreek in haar oë
    Die wind uit die torwana-berge
    Met haar skoot vol mos
    Dra 'n slapende kind
    Dra 'n nag van distels
    Dra 'n dood sonder duisterheid
    En waai deur die gebreekte riete

    Continúa después del anuncio
    Información de la canción

    Composición: Ingrid Jonker y Blue Chameleon

    ¿Los datos están equivocados?

    Enviar revisión