Opdrag dwaling

Chris Chameleon

Continúa después del anuncio

Wat kan ek nou nog vir jou sê-
My bitter liefde is uiteindelik verby,
En net jou sterre-oë uit die duister
Skyn dierdie oomblik nog naby.
Wat wil jy nou nog van my hê,
Eerdat die laaste gloed uitbrand?
Ek weel alleen ons siele bly
Nog hierdie oomblik diep verwant.
Ek kan jou fluisterend vertel
Die eindtoon van die helder lied
Van jeug en liefde is gemeng
Met skemeringe van verdriet.
Ek kan jou my laaste woorde gee,
My laaste trane en my laaste leed.
Dan sal ek, nae dié oomblik, selfs
Hart van my hart, selfs jou vergeet!

Continúa después del anuncio

Toe het ek gedink dat jy en julle
Min is; ek het gevoel
Dat ek verby die kille
Winde van jul onreg en die doel
Van jul terloopse groet is.
Ek het die hoop en liefde wat ek een
Gegee het as jou erfenis
Geneem; ek het gelag en weens
My vrolikheid en goedheid veel gewen.
Maar toe die ligte dof word en die aandklok fel
Die leegte inlui was ek diep bedroef en
In myself was ek teleurgestel.

Información de la canción

Composición: Ingrid Jonker y Blue Chameleon

¿Los datos están equivocados?

Enviar revisão

Canciones relacionadas