Heiden Heiland

Fokofpolisiekar

    Continúa después del anuncio

    Heiden Heiland
    Heiden Heiland
    'n klapsoen het my onkant gevang
    my lewer mis ons tye saam
    'n neofiet van neongeaard
    verdierlik losbandig
    nadoodse ondersoek
    sou bepaal
    vals hoop
    vals tande
    vals hart

    vermy vir my
    vermy vir my

    in 'n monochroom diskoteek
    het ek my een voet in die graf gesteek
    die troukoors is so dik dis tasbaar
    dit laat my nekhare rys

    jy wil nie
    nie nou nie
    ek wil jou ys breek
    maar jou water wil nie stol nie
    "jy was 'n kind
    en al die helder wete
    van bloed en maagdelikheid
    was eenmaal in jou oe" *

    Continúa después del anuncio

    onbevlek en half bewusteloos
    vergewe my
    my doodgeid
    maar al die ouens lyk half skeef hier
    ek wil nie op die dansbaan broeknaai nie

    my lotus my roos
    my vingers sny
    deur jou dorings
    ek wil jou seermaak
    en ek wil seerkry

    vermy vir my
    vermy vir my

    'n meteoriese reis
    na die noorderlig
    'n valskerm vir ingeval ons spring
    dis ver en ons tuig is aanmekaar geslaan
    lukraak
    aanmekaar geslaan
    ek wil nie
    uitbrand nie
    jy't op my gemors
    en nie jammer gese nie

    en ek was 'n kind
    en al die helder wete
    van bloed en maagdelikheid
    bly eenmaal in my oe

    ek soek myself
    het jy hom dalk gesien?
    hy's 'n paar jaar jonger
    en sy hare is korter
    hy dink nie dat daar iemand is
    wat hom agtervolg nie

    jy ken my nie vir lank nie
    daar is nog niks
    wat jy verkeerd kon doen nie
    en jy was 'n kind en al die helder wete
    van bloed en maagdelikheid bly
    altyd in jou oe

    Información de la canción

    Composición:

    ¿Los datos están equivocados?

    Enviar revisión