Blues Vir Louise

Piet Botha

    Continúa después del anuncio

    yster op yster
    louise gaan die vonke laat spat
    ons almal weet jy was nooit
    'n maklike meisie
    maar jy was altyd 'n warm kat
    louise

    'n splintenuwe besem
    staan buite jou deur
    en wanneer jy laatnag
    voor die maan verby vlieg
    met jou selfoon in jou een hand
    dan sit die broers hieronder en bid
    jy verloor beheer

    chorus:
    oral waar ek loop
    oral waar ek gaan
    loop ek met my bybel
    en 'n nine mil
    en 'n mes
    want vir jou is ek bang
    banger as 'n pofadder
    louise

    Continúa después del anuncio

    maar eendag is eendag
    wanneer al jou reptiele
    en jou skerpioene slaap
    dan kom ons in die laatnag
    ons gooi suiker voor jou deur
    sit daar in die donker
    drink mampoer
    wag en kyk wat gebeur

    yster op yster
    louise gaan die vonke laat spat
    die lyk van leon veenstra
    le iewers in 'n donker gat
    ek weet die duiwel kom jou haal
    skattie

    chorus

    Información de la canción

    Composición:

    ¿Los datos están equivocados?

    Enviar revisión