Die Gemmerbroodman

Piet Botha

    Continues after the ad

    Haai ek is tog te oulik
    met my bakkies blink poleer
    whatever jy verdien, ek verdien tog meer
    en ek maak my bek oop
    elke kans wat ek kry
    want ek is so belangrik
    die wêreld moet weet van my

    Hier kom die gemmerbroodman
    hy's 'n selfvoldane kalant
    maar oppas my ou maat
    want die ou spreekwoord praat
    elke boontjie kry sy loon
    jy gaan maklik terug in die oond
    o die gemmerbroodman ...

    Continues after the ad

    Haai ek is tog te oulik
    elke spieël sê dit vir my
    en as ek iets wil hê sal
    my bestuurder dit vir my kry
    my naam in goue letters
    maak seker dis reg gespel
    daar gaan my foon alweer
    dis Rapport wat my bel

    Want ek is die gemmerbroodman
    almal hou van my
    van Gobabis tot in Bethlehem
    en tot onder in die Kaap
    ek is die gemmerbroodman
    almal hou van my
    ek tel my geld in die nag
    as al die ander mense slaap

    Haai ek is tog te oulik
    ek kan al die wyse manne kwoteer
    al het ek eintlik nie 'n clue
    ons moet almal probeer
    en as dit nie wil werk nie
    dan sal ek jou gou vertel
    van hoe baie geld ek gemaak het
    en wie onder my vriende tel
    hier kom die gemmerbroodman ...

    Song details

    Composition:

    Did you see an error?

    Enviar revisão