Laat Die Wiele Rol

Piet Botha

    Continues after the ad

    in bloemfontein het jonker die wyn geproe
    en sy hart verloor op 'n meisie skaars ouer as negentien
    maar hy't haar nooit weer gesien
    want toe hy wakkker word was ons al verby beaufort
    en die pad na die suide lyk sommer beter

    elke keer dan wonder ek wat soek ons alweer hier op die harde pad
    want hard is hy boetie dis waar en dan partykeer
    sag soos die reen laat die wiele rol ou jackson

    in die kaap was hulle altyd baie goed vir ons
    in die suburbs, in die stad, in stellenbosch en op die weskus ook
    by vredendal het die kaarte vir ons reg geval en ons se dankie
    dankie vir die brood en wyn en 'n sak vol silwer

    Continues after the ad

    hier gaan ons alweer met 'n sak vol drome en die sekelmaan
    en die myle word nooit minder nie dit hang net af waar jy staan
    laat die wiele rol ou jackson

    die n2 loop verby kuilsrivier al langs die ooskus op
    wildernis en jeffreysbaai en port elisabet
    die reen het geval en die wind het gewaai maar ons was konings
    in die baai en paulus het baljaar met tamboeryn en simbaal
    en die lang man lyk of hy lekker kry wat 'n wonderlike lewe

    ja dis maljan en die harlekyn en jou skaduwee
    skuins na middernag in die donker kaart gespeel
    gee net nog 'n bietjie meer en 'n bietjie langer
    en laat die wiele rol, laat die wiele rol ou jackson

    Song details

    Composition:

    Did you see an error?

    Enviar revisão