Lisa Se Klavier

The Parlotones

    Continúa después del anuncio

    Ek het 'n vriendin
    Ver by die blou see
    Teen die hang van tafelberg as die son sak
    Speel sy die mooiste melodieë
    Haar vingers ken die pad
    Opgesluit in wit en swart
    Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
    Verstaan die hart se diepste smart

    Ja, die hele wêreld word stil
    En luister in die donker uur
    Na die naggeluide
    Van lisa se klavier

    Lisa kan nie ophou
    As sy eers begin het nie
    En sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem
    Voor my laaste sigaret nie
    Ek staan op haar balkon
    En drink haar appelkoostee
    Kyk uit na kaapstad in die nag
    Die liggies en die swart, swart see

    Continúa después del anuncio

    Ja, die hele wêreld word stil
    En luister in die donker uur
    Na die naggeluide
    Van lisa se klavier

    En onder op die sypaadjie
    Sien ek die bergie en sy maat
    Wat staan en opkyk ver na bo
    Vanuit die vullis van oranjestraat
    Hulle ken al lank die klanke
    Wat uit haar woonstel stroom
    Lank na twaalf, met die deure oop, al moan die bure ookal hoe
    Word lisa elke boemelaar se droom

    Ja, die hele wêreld word stil
    En luister in die donker uur
    Na die naggeluide
    Van lisa se klavier

    Información de la canción

    Composición:

    ¿Los datos están equivocados?

    Enviar revisión