Blikkitaar Blues

Zinkplaat

    Continúa después del anuncio

    Sy's 'n protea wat op die vlaktes groei
    Daar waar die son selfs die sonbesies skroei
    Haar o so bruin soos die grond na die ren
    Daai somersaande was soms alleen

    Se donderstorm is die liefde verby
    En 'n donga vol stof is al wat oorbly
    Maar elke somer word die donga weer vol
    Net om die wande verder uit te hol

    Chorus

    Ek speel 'n tune op my blikkitaar
    Ek weet dis vals, maar die song is vir haar
    Sy is my girl van die bo-karoo
    In die maanlig sal sy alles glo

    Verse

    Ons praat oor die toekoms en volgende jaar
    En ons droom maar die waarheid is daar
    Ek troos myself en s ek's nou hier
    maar my siel is klaar in die Oranjerivier

    Chorus

    Continúa después del anuncio

    Ek speel 'n tune op my blikkitaar
    Ek weet dis vals maar die song is vir haar
    Sy is my girl van die bo-karoo
    In die maanlig sal sy alles glo

    Bridge

    Sy praat 'n taal wat net die maan kan verstaan
    Dit kom oor ons ver verlate vlaktes aan
    Maar in die boland klink dit vreemd en leeg
    Met elke woord begin sy verder weg beweeg

    Chorus

    Verse

    Ek speel die blues op my acoustic kitaar
    ek weet dis vals dis song is vir haar
    sy was my girl van die bo-karoo
    in die maanlig en die nagwind sou sy enigiets glo

    Chorus x 2

    Ek speel 'n tune op my blikkitaar
    Ek weet dis vals maar die song is vir haar
    Sy is my girl van die bo-karoo
    In die maanlig sal sy alles glo

    Ek speel 'n tune op my blikkitaar
    Ek weet dis vals maar die song is vir haar
    Sy is my girl van die bo-karoo
    In die maanlig sou sy alles glo...

    Sou sy enigiets glo

    En het sy alles geglo

    Información de la canción

    Composición:

    ¿Los datos están equivocados?

    Enviar revisión