Gebroke Siel

Chris Chameleon

Continues after the ad

N mens sou dink dat jy volmaak is -
Die wyse waarop jy van jou selfgemaakte
Troontjie afkyk, wegkyk, neerkyk

Maar ek is nie jou rondloperbrak nie
En ek is nie die ou vloerlap waarmee jy
Jou saddusseersgewete poleer nie

Onthou jy nog toe net n mens was
Voordat jy geword het wat jy jouself nou so verhewe ag -
N drogbeeld van praal en prag

Continues after the ad

Maar wanneer jy alleen in jou huis
Die deur agter jou sluit weet dat jy dan agter slot en grendel
Met die monster in jou leef

Ek weet wat's jou grootste vrees
Dis dat jy nes ek dalk ook n mens kan wees
En ek verstaan hoe dit jou sou verniel
Want dit maak jou, nes ek, n gebroke siel

Kyk, die wiel draai
En ons draai en draai en draai daarmee tesame

Song details

Composition: Blue Chameleon

Did you see an error?

Enviar revisão