Continues after the ad

    Ek het vriende wat ek sien
    Ek is verslaaf aan nikotien
    Ek hou van karre wat kan ry
    Ek huil gewoonlik as ek baklei
    Ek het gedink dat dit sou reën
    Toe word ek stil en wag alleen
    Tot jy kom klop het
    Aan my deur

    Ek het n dak bo-oor my kop
    En in die winter like ek sop
    Ek raak benoud wanneer jy luister
    Net soos wanneer mense fluister
    Ek wonder of jy sal onthou
    Dat jou woorde aan my klou
    Sonder om te kou

    Continues after the ad

    En ek skree 'n song vir jou my my lief
    Bly nog n rukkie asseblief
    Want as ek sing dan sing jy saam
    In 'n droom roep ek jou naam

    Ek is so dronk soos Koos Kombuis
    Daar is geen swembad by my huis
    My sussie bly in Potchefstroom
    Die mense daar rook almal boom
    Vier seisoene in jou traan
    Hou my vas wanneer jy gaan
    En ek weer alleen hier staan

    So ek skree 'n song vir jou my lief
    Jy is n engel en n dief
    Want as ons sing
    Dan sing ons saam
    In n droom roep ek jou naam

    Song details

    Composition: Karen Zoid

    Did you see an error?

    Enviar revisão