Cifra Club

'n Teer Gevoel

Herman Van Veen

Aún no tenemos los acordes de esta canción.

Ek koester steeds 'n teer gevoel
vir elke gek, vir elke dwaas
wat heeldag leeglê sonder doel
van elke daad volledig baas

Ek koester steeds 'n teer gevoel
vir elkeen wat hom luidkeels uit
die kompromis beskou as bluf
vir wie die groep sy deure sluit

Ek koester steeds 'n teer gevoel
vir hulle wat die lewe troef
en as die waarheid drome tart
klink hulle lag 'n bietjie droef

Ek koester steeds 'n teer gevoel
vir elke man, vir elke vrou
wat in volkome weerloosheid
'n ander liefhet en vertrou

Ek koester steeds 'n teer gevoel
vir elke man, vir elke vrou
wat in volkome weerloosheid
'n ander liefhet en vertrou

Otros videos de esta canción
    0 visualizaciones

    Afinación de los acordes

    Afinador en línea

    Ops (: Contenido disponible solo en portugués.
    OK